• Verhit die olie in 'n diep pan en braai die uie tot goudbruin. Skep die uie met 'n gaatjieslepel uit en hou eenkant. Hou die pan met olie ook eenkant.
  • Marinade: Meng al die bestanddele in 'n glas- of plastiekbak.
  • Voeg die helfte van die gebraaide uie en al die vleis by die marinade. Geur met sout, meng deur en laat 2 uur lank marineer.
  • Kook intussen die rys saam met die kaneelstokkie, kardemom en sout in water tot net sag. Dreineer in 'n vergiettes.
  • Spoel die lensies af en kook in water met sout tot amper sag.
  • Verhit weer die pan met olie waarin die uie gebraai het en braai die aartappels tot liggies goudkleurig. Skep uit en hou eenkant.
  • Gooi die olie waarin die uie en aartappels gebraai het in 'n groot kastrol. Skep die helfte van die rys, lensies en gebraaide aartappels in lae bo-op, gevolg deur die vleis en die marinade.
  • Skep nou die res van die rys, lensies en aartappels in lae bo-op.
  • Skep die res van die gebraaide uie bo-op, giet die saffraanwater oor en stip met die botter.
  • Maak die kastrol dig toe (jy kan 'n laag foelie omsit) en kook 10 min. oor hoë hitte.
  • Verlaag die hitte en laat prut 1 uur baie liggies oor lae hitte – moenie die deksel oplig voor die uur verby is nie. Toets of die vleis sag is en kyk of al die water geabsorbeer is; indien nie, kan jy dit nog 'n bietjie kook.
  • Dop die hardgekookte eiers af, sny in kwarte en druk in die mengsel in ter afronding. 
  • Resep uit Suidooster-kombuis deur Errieda du Toit
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.