• Verhit die helfte van die olie in ’n groot pan en roerbraai die eiers. Skep uit en hou eenkant.
  • Verhit die res van die olie in die pan en roerbraai die ui. Voeg die stingeluie en wortels by en roerbraai 1 min.
  • Voeg die res van die groente, koljander en rys by en roerbraai. Meng die eiers deur die rysmengsel.
  • Hoender: Geur die hoender met die sout en peper. Sprinkel die mielieblom oor en skud die oortollige meel af.
  • Verhit die olie in ’n pan. Braai die hoender in sarsies tot bros. Dreineer op kombuispapier.
  • Sous: Plaas al die bestanddele in ’n kastrol en bring tot kookpunt. Laat prut. Giet die sous oor die hoender.
  • Vir afronding: Skep die rys op ’n opdienbord en plaas die hoender bo-op. Sprinkel die sesam­saad oor en sit voor saam met die sojasous.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.