• Braai die uie in ’n bietjie verhitte olie in ’n groot pan. Voeg die maalvleis by en roer tot die vleis gaar en korrelrig is.
  • Voeg die patat, masala, borrie, suiker, blatjang en appelkose by en meng goed. Geur met die sout en peper en haal van die hitte af.
  • Week die brood in ’n bietjie water; druk die water uit. Maak die brood fyn en meng met die geklitste eier. Meng deur die maalvleismengsel.
  • Verhit tot die bobotiemaalvleis gaar is, sowat 10 min.
  • Maak 4 holtes in die bobotiemaalvleis en stip elk met ’n bietjie botter. Wanneer dit gesmelt is, breek ’n eier in elke holte. Bedek en verhit tot die eier gaar is na jou smaak.
  • Sprinkel die amandelvlokkies en koljander­blare oor en sit voor saam met ekstra blatjang en die sambal.

Wenk: Die eiers kan apart in ’n klein pannetjie gebak en dan net op die bobotiemaalvleis gepak word.