Voorverhit die oond tot 200 °C. Spuit ’n oondbak goed met kossproei. Hou ’n bakplaat byderhand.

  • Pampoenlaag: Drup die olie oor die pampoenblokkies (of botterskorsieblokkies, indien verkies) en geur met die sout en peper. Meng deur en versprei op die bakplaat. Rooster die pampoen of botterskorsie ongeveer 30 min. of tot sag. Druk die pampoen rofweg fyn.
  • Spinasielaag: Verhit die olie in ’n kastrol en roerbraai die ui en knoffel tot sag. Voeg die spinasie by en roerbraai tot verwelk. Sprinkel die meel oor en roer deur.
  • Verlaag die hitte en giet die room of melk by. Roer tot verdik en voeg die feta, suurlemoenskil en speserye by.
  • Lasagne: Pak ’n laag pannekoek op die bodem van die bereide oondbak. Smeer die helfte van die spinasiemengsel op die pannekoek­laag. Pak nog ’n laag pannekoek bo-op en skep die helfte van die pampoen of botterskorsie bo-op. Herhaal die lae en eindig met ’n laag pannekoek.
  • Sprinkel die kaas oor en bak 25-30 min. in die oond of tot die kaas gesmelt is en die lasagne deurwarm.
  • Vir voorsit: Sit voor saam met die baba­spinasie, indien ­gebruik.