• Braai die lamsvleis in ’n groot kastrol of oond­skottel in sy eie vet tot oraloor bruin. 
  • Giet die asyn oor, voeg die tamatiepasta, wonderpeper, peperkorrels, brandrissies, lourier­blare, knoffel en sout by en genoeg water om die vleis net te bedek. 
  • Plaas die uie bo-op. Laat prut oor baie lae hitte tot die vleis sag is. Sit voor saam met die rys.