Voorverhit die oond tot 200 °C. Voer ’n groot bakplaat met bakpapier uit. Bespuit goed met kossproei. 

  • Kors: Plaas die patat in ’n  voedselverwerker en maak fyn. Voeg die amandelmeel, psilliumvesel, parmesaankaas, knoffel, sout, olie en eier by. Verwerk tot gemeng.
  • Plaas op die bakplaat en vorm losweg in ’n sirkel van sowat 3 mm dik. Verf met ’n bietjie olyfolie. Bak 20 min. tot bruin om die kante.
  • Bolaag: Meng die hoender met die braai- en tamatie­sous (indien gebruik), stapel op die kors en rangskik die selderyblaartjies en skyfies kaas bo-op. Sprinkel die amandelvlokkies oor. 
  • Skakel die rooster­element van die oond aan en rooster tot die kaas effe gesmelt en die hoender lekker warm is. Sprinkel die mikrokruie oor.

Nommerpas vir banters, want die deeg kry geen koringmeel in nie.