Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n oondskottel met kossproei.

  • Sny die preie in die lengte middeldeur. Dompel in koue water en spoel deeglik af. Vou die repe spek om 2-3 preihelftes en pak styf teen mekaar in die oondskottel.
  • Verhit die botter, voeg die meel by en roer 2 min. of tot ’n dik pasta vorm. Voeg die melk by en roer tot ’n dik witsous vorm. Geur met die sout en peper na smaak. Roer die soetmielies in. Giet die sous oor die preie.
  • Meng die kaas, krummels en grasuie en strooi oor. Bak 35-40 min. tot die krummels bruin en die preie sag is. Sit net so of as bykos voor.