• Druk die oortollige water uit die gerasperde aartappels. Plaas die aartappels in ’n groot mengbak en voeg die ui, kool, meel en eier by. Meng en geur goed met die sout en vars gemaalde peper.
  • Verhit die olie en botter in ’n groot pan. Versprei die koolmengsel in die pan en druk vas. Braai ongeveer 10 min. oor lae hitte of tot die rosti goudbruin is en begin verstewig.
  • Gebruik ’n groot eierspaan en draai die reuse­rosti versigtig om. Braai tot goudbruin (nog 5-10 min). Skud die rosti versigtig uit die pan in ’n opdienbord.
  • Mosterdjogurt: Meng alles goed en geur met die sout en peper.
  • Vir voorsit: Sit die rosti voor saam met die mosterdjogurt en die gebraaide gerookte worsies.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe!