Voorverhit die oond tot 200 °C.

  • Kors: Maal die pitte en sade fyn in ’n voedselverwerker, voeg die meel en sout by en meng goed. Voeg die botter by en verwerk tot ’n growwe meel vorm. Laat die verwerker steeds loop, voeg die eiergeel en net genoeg yswater deur die tuit by en meng tot ’n stywe deeg. 
  • Verwyder uit die bak, druk bymekaar, draai toe in kleef­plastiek en verkoel 30 min.
  • Rol uit in ’n sirkel van sowat 3 mm dik en maak ’n randjie reg rondom. Blindbak tot die kors net gaar maar nie bruin is nie.
  • Bolaag: Smeer die pesto oor, rangskik die sampioene, chorizo en murgpampoentjies bo-op en sprinkel die fetakaas oor. 
  • Bak sowat 15 min. tot die kors effens verbruin en die kaas gesmelt het. Garneer met basilieblare.

Gebruik ’n silpat (silikoonbakplaat)om die pizza op te bak. Die deeg vorm ’n mens sommer net so op die bakplaat.