Voorverhit die oond tot 170 °C.

  • Vark: Geur die vark aan die vleiskant met die sout en peper en smeer met die mosterd.
  • Pak die ui, appels, kopkool, lourierblare en tiemie in ’n diep oondbak. Plaas die vark met die vleiskant na onder bo-op die groentemengsel. Giet die bier en aftreksel in die bak. Sprinkel die growwe sout bo-oor die vel en rooster 1 uur 30 min.
  • Verhoog die temperatuur tot 230 °C en rooster nog 15 min. of tot die vel goudbruin is.
  • Laat die vleis 10 min. rus en sny dan in dik skywe.
  • Aartappelslaai: Verhit die olie in ’n pan en braai die spek tot bros. Voeg die knoffel by en braai 1 min. Haal die pan van die hitte af en voeg die asyn en suiker by. Meng goed.
  • Meng die pietersielie en aartappels liggies en giet die sous oor. Meng en geur met ’n bietjie sout indien nodig. Sit die slaai voor saam met die vark.