• Verhit die olie oor matige hitte in ’n groot braaipan en voeg die ui by. Braai die ui tot deurskynend. Voeg die soetrissie by en braai tot sag.
  • Sprinkel die speserye oor, braai ’n paar minute en voeg die tamatiepasta by. Braai nog ’n paar minute.
  • Voeg die geskilde tamaties en suiker by en laat kook. Verlaag die hitte, voeg die sout en peper by en laat 30 min. prut.
  • Roer lekker deur en draai  die plaat op sy laagste hitte.
  • Maak holtetjies in die sous vir die getal eiers wat jy wil gebruik. Breek ’n eier in elk en plaas die pan se deksel op. Laat prut sowat 10 min. tot die eiers gestol het. Sprinkel die koljander oor en sit onmiddellik voor saam met die vars brood. (Die gereg is ook heerlik met ’n skeppie jogurt daarby.)

Maklik
Vegetaries  
Glutenvry

SuzelleDIY

Ek weet julle dink nou: “Suzelle, wat is dit dié!” Shakshuka is ’n heerlike Midde-­Oosterse gereg van eiers wat gebak word in ’n verruklike, geurige tamatiesous.

Dit is ’n maklike maaltyd om te maak vir ontbyt, middagete en selfs vir aandete. Sit die shakshuka sommerso uit die pan voor saam met ’n sny brood en sprinkel vars kruie oor.