• Sit die varkpootjies en -skenkel in ’n drukkoker.
  • Voeg die ui en lourier­blare by en bedek met water.
  • Seël die deksel goed en bring tot kookpunt.
  • Laat kook 40-45 min. onder druk of tot die pootjies en skenkel sag is.
  • Laat die stoom uit en dreineer die water.

Bredie

  • Verhit die olie in ’n diep kastrol en braai die ui en gemmer tot geurig.
  • Voeg die brediebasis, wortels, pootjies en skenkel by.
  • Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat prut 15 min.
  • Roer die asyn, suiker en sojasous by en geur met sout indien verkies.
  • Sit die bredie warm voor saam met ’n bykos van jou keuse.
WENK: As jy nie van varkpoot­jies hou nie, kan jy dit met varkpotjiekosvleis vervang. Pas net die kooktyd in die drukkoker aan indien nodig
Brediebasis

LEWER 4 L (16 K) BREDIEBASIS
BEREIDING: 15 MIN.
GAARMAAK: 4-5 UUR
STAAN: 3-4 UUR OF OORNAG

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Bespuit ’n groot oondbak met kossproei en versprei 3 kg opgesnyde sopbene, 2 gekapte wortels, 3 gehalveerde uie, 2 gekneusde knoffel­huisies, 3 preie (skoon­gemaak en in stukke gesny) en 2 gehalveerde tamaties in die bak.

  • Drup 15 ml (1 e) olie oor en geur liggies met sout.
  • Rooster 40 min.
  • Skep die mengsel in ’n reusekastrol.
  • Plaas 1 brand­rissie, 4 lourier­blare, 6 heel peperkorrels, 2 L (8 k) hoenderaftreksel, 500 ml (2 k) sterk rooibostee en 500 ml (2 k) kookwater ook in die kastrol en roer goed.
  • Bring tot kookpunt en laat 2 uur oor matige hitte prut.
  • Roer af en toe.
  • Voeg weer 500 ml (2 k) kookwater by en laat die bredie nog 2 uur oor baie lae hitte prut.
  • As die bredie te vinnig afkook, giet nog water of rooibostee by.
  • Sit die deksel van die kastrol op, verwyder van die hitte en laat staan 3-4 uur of selfs oornag tot afgekoel.
  • Skep enige oortollige gestolde vet af.
  • Verdeel die bredie in 8 seël­bare vrieskassakkies of -houers en vries tot 3 maande.