Bredie

  • Verhit die olie in ’n kastrol en braai die spek tot gaar.
  • Voeg die ui, knoffel en patat by en roerbraai nog ’n minuut.
  • Giet die rooilensies en water by en laat 15 min. oor matige hitte prut.
  • Voeg die brediebasis en bruinlensies by en verhit. Roer die suurlemoenskil by en geur met die sout en peper.

Kluitjies

  • Meng die meel, sout, peper, koljander en brandrissievlokkies, indien gebruik, goed.
  • Vryf die botter by die mengsel in tot dit soos broodkrummels lyk.
  • Giet die melk by en meng met ’n lepel tot ’n dik deeg vorm.
  • Smeer 2 eetlepels met ’n bietjie olie en skep lepels vol van die kluitjiemengsel daarmee.
  • Vorm in bolletjies en pak in ’n enkellaag bo-op die stowe.
  • Sit die deksel op en laat 10 min. prut of tot die kluitjies gaar en gepof is.
  • Skep die stowe op saam met die kluitjies.
Brediebasis

Ons gebruik dié bredie as ’n geurbasis; dus is dit nie te sterk gekrui nie en ideaal om as bousteen vir ons ander bredies in te span. Die resep verg wel ’n bietjie tyd, maar jy sal daarvoor vergoed wanneer jy weer besluit om ’n bredie aanmekaar te slaan. Verdeel die bredie in 8 sakkies (met of sonder die bene) en vries tot jy dit weer benodig.

LEWER 4 L (16 K) BREDIEBASIS
BEREIDING: 15 MIN.
GAARMAAK: 4-5 UUR
STAAN: 3-4 UUR OF OORNAG


Voorverhit die oond tot 180 °C.

Bespuit ’n groot oondbak met kossproei en versprei 3 kg opgesnyde sopbene, 2 gekapte wortels, 3 gehalveerde uie, 2 gekneusde knoffel­huisies, 3 preie (skoon­gemaak en in stukke gesny) en 2 gehalveerde tamaties in die bak.

  • Drup 15 ml (1 e) olie oor en geur liggies met sout.
  • Rooster 40 min.
  • Skep die mengsel in ’n reusekastrol.
  • Plaas 1 brand­rissie, 4 lourier­blare, 6 heel peperkorrels, 2 L (8 k) hoenderaftreksel, 500 ml (2 k) sterk rooibostee en 500 ml (2 k) kookwater ook in die kastrol en roer goed.
  • Bring tot kookpunt en laat 2 uur oor matige hitte prut.
  • Roer af en toe.
    Voeg weer 500 ml (2 k) kookwater by en laat die bredie nog 2 uur oor baie lae hitte prut.
  • As die bredie te vinnig afkook, giet nog water of rooibostee by.
    Sit die deksel van die kastrol op, verwyder van die hitte en laat staan 3-4 uur of selfs oornag tot afgekoel.
  • Skep enige oortollige gestolde vet af.
  • Verdeel die bredie in 8 seël­bare vrieskassakkies of -houers en vries tot 3 maande.