Tamatiestowe

  • Verhit die olie in ’n diep pan en braai die ui en knoffel tot goudbruin.
  • Roer die tamatiepasta deur en voeg die kruie by.
  • Giet die rooiwyn by en laat prut tot afgekook.
  • Voeg die gekapte tamaties en brediebasis by en laat 15 min. oor ma­tige hitte prut – roer af en toe om te verhoed dat die bredie aanbrand.
  • Geur met die suiker.

Steakblokkies

  • Terwyl die bredie prut, smeer die steak aan alle kante met die olie en geur met die sout en peper.
  • Verhit ’n pan tot rookwarm en seël die steak ’n minuut aan elke kant. Verlaag die hitte en braai die steak nog 5-7 min. of tot gaar soos verkies.
  • Haal uit die pan en laat 5 min. rus.

Afronding

  • Voeg die tamaties by die bredie en laat prut nog 5 min. Geur met die sout en peper na smaak. Roer die steakblokkies deur en sit dadelik voor.
Brediebasis

Ons gebruik dié bredie as ’n geurbasis; dus is dit nie te sterk gekrui nie en ideaal om as bousteen vir ons ander bredies in te span. Die resep verg wel ’n bietjie tyd, maar jy sal daarvoor vergoed wanneer jy weer besluit om ’n bredie aanmekaar te slaan. Verdeel die bredie in 8 sakkies (met of sonder die bene) en vries tot jy dit weer benodig.

LEWER 4 L (16 K) BREDIEBASIS
BEREIDING: 15 MIN.
GAARMAAK: 4-5 UUR
STAAN: 3-4 UUR OF OORNAG


Voorverhit die oond tot 180 °C.

Bespuit ’n groot oondbak met kossproei en versprei 3 kg opgesnyde sopbene, 2 gekapte wortels, 3 gehalveerde uie, 2 gekneusde knoffel­huisies, 3 preie (skoon­gemaak en in stukke gesny) en 2 gehalveerde tamaties in die bak.

  • Drup 15 ml (1 e) olie oor en geur liggies met sout.
  • Rooster 40 min.
  • Skep die mengsel in ’n reusekastrol.
  • Plaas 1 brand­rissie, 4 lourier­blare, 6 heel peperkorrels, 2 L (8 k) hoenderaftreksel, 500 ml (2 k) sterk rooibostee en 500 ml (2 k) kookwater ook in die kastrol en roer goed.
  • Bring tot kookpunt en laat 2 uur oor matige hitte prut.
  • Roer af en toe.
  • Voeg weer 500 ml (2 k) kookwater by en laat die bredie nog 2 uur oor baie lae hitte prut.
  • As die bredie te vinnig afkook, giet nog water of rooibostee by.
  • Sit die deksel van die kastrol op, verwyder van die hitte en laat staan 3-4 uur of selfs oornag tot afgekoel.
  • Skep enige oortollige gestolde vet af.
  • Verdeel die bredie in 8 seël­bare vrieskassakkies of -houers en vries tot 3 maande.