10 min.
4
40 min.
Bestanddele
- 225 g chorizo, in skywe
- olie
- 1 ui, gekap
- 2 knoffelhuisies, fyngesny
- 250 g risotto-rys
- 4 sondroë tamaties, fyngekap
- 750 ml (3 k) groenteaftreksel
- ’n goeie klont botter
- hande vol parmesaankaas, gerasper
- basilieblare en skaafsels parmesaankaas vir afronding
Metode

- Braai die chorizoskyfies effens in olie. Skep dan ’n paar uit vir afronding. Voeg die ui en knoffel by en roerbraai tot sag.
- Voeg die rys by en roer tot al die rys met olie bedek is. Voeg die sondroë tamaties by en meng deur.
- Giet die warm aftreksel soplepel vir soplepel by. Moenie nog byvoeg voor die vorige lepel vloeistof heeltemal deur die rys geabsorbeer is nie.
- Die rys is reg wanneer dit al dente is. Roer dan die botter en ’n goeie paar hande gerasperde parmesaankaas en basilieblaartjies by.
- Skep op en rond af met ekstra parmesaan, basilie en die vroeër uitgeskepte chorizo-skywe. Sit dadelik voor.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET