• Plaas die olie, ui en knoffel in ’n mikrogolfvaste bak en mikrogolf 2 min.
  • Voeg die speserye by en mikrogolf 5 min.
  • Giet ’n bietjie water by as dit lyk asof die speserye gaan brand.
  • Voeg die klappermelk en tamatiepuree by.
  • Verhit weer tot kookpunt en plaas die hoender in die sous.
  • Geur goed met die sout en peper.
  • Mikrogolf 20-25 min.
  • Maak ’n vuur met genoeg kole vir braai.
  • Haal die hoender uit die sous en pak op die rooster.
  • Braai 5 min. tot goudbruin.
  • Plaas terug in die sous.
  • Voeg die botterbone en koljander by en roer deur.
  • Plaas die botter bo-op die kerrie en laat smelt, maar moet dit nie inmeng nie.

Vir voorsit

  • Sit die tikka masala voor saam met die rys, poppadoms en ’n skeppie jogurt.