• Beslag: Meng die meel, bakpoeier en sout. Klits die amasi en eiers saam en voeg by die droë bestanddele. Klits tot glad. Voeg die sodawater by en meng goed. Laat die beslag minstens 30 min. rus.
  • Tjips: Verhit die olie in ’n kastrol vir diepbraai. Sny die aartappels rofweg in tjips. Diepbraai die tjips in sarsies tot goudbruin en bros. Dreineer op kombuispapier en geur met die sout.
  • Vis: Geur die visfilette oraloor met die sout en peper. Sprinkel die paprika, rooipeper en kruie oor die vis. Rol die filette in die meel sodat dit goed bedek is, en skud enige oortollige meel af.
  • Verhit weer die tjip-olie. Doop die vis een-een in die beslag en braai in die olie tot goudbruin en gaar. As die vis te vinnig bros braai, verlaag die hitte. Dreineer op kombuis­papier.
  • Afronding: Sprinkel die pietersielie oor die vis en sit voor saam met die tjips en suurlemoenwiggies.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.