• Geur die varkvleis goed met die sout en vars gemaalde peper.
  • Verhit die olie in ’n drukkoker en braai die vleis tot bruin. Voeg die ui, knoffel, lourierblare, varkpootjies en aftreksel by en bring tot kookpunt. Sit die deksel van die drukkoker stewig op en kook 1-2 uur onder druk of tot die vleis sag is.
  • Haal die deksel van die drukkoker af en voeg die botter­skorsie by. Voeg ’n bietjie water by as die bredie te droog gekook het. Laat prut tot die botterskorsie sag is.
  • Roer die lensies, rissies en koljanderblare by en geur met nog sout en vars gemaalde peper, indien verkies.
  • Vir voorsit: Sit die bredie voor saam met die roti’s en nog vars koljanderblare, indien verkies.