Voorverhit die oond tot 180 °C. 

  • Beslag: Klits die meel, melk, eiers, sout en peper saam en hou eenkant.
  • Vulsel: Plaas die wors in ’n oondvaste pan en oondbraai tot net gaar, sowat 20 min. Skep uit.
  • Versprei die murgpampoentjiespaghetti op die bodem van die pan, sprinkel die stingeluie en kaas oor en geur met die sout en peper. Meng deur en pak die gebraaide wors bo-op. Plaas die tamaties langsaan.
  • Giet die beslag bo-oor en bak 30 min. tot die eiermengsel gestol het. Sit voor saam met tamatie­sous indien verkies.

Pleks van gewone spaghetti gebruik ons murgpampoentjiespaghetti wat geen vooraf-gaarmaak benodig nie.

Daaroor kom ’n basiese eiervlasous.

Alles word in een pan gaargemaak en gebak, wat min skottelgoed tot gevolg het.

’n Heerlike gebalanseerde ete vir ’n Vrydagaand of selfs vir ontbyt.