Dis nie net heerlik in soet én sout geregte nie; dis boonop in byna enige dieet toelaatbaar.

1. Beetslaai met bloubessie-slaaisous

Beetslaai met bloubessie-slaaisous. Foto: Jacques
Beetslaai met bloubessie-slaaisous. Foto: Jacques Stander

2. Forel met bloubessiesalsa

Forel met bloubessiesalsa. Foto: Jacques Stander
Forel met bloubessiesalsa. Foto: Jacques Stander

3. Bloubessieskons

Bloubessieskons. Foto: Jacques Stander
Bloubessieskons. Foto: Jacques Stander

4. Onderstebo-kaaskoek met bloubessies

Onderstebo-kaaskoek met bloubessies. Foto: Jacques
Onderstebo-kaaskoek met bloubessies. Foto: Jacques Stander

Bloubessies is die ene heilsaamheid
  • Dit is ideaal vir wanneer jy gewig wil afskud, want dit bevat min vet en kilojoules en is in byna alle soorte diëte toelaatbaar.
  • Dis ryk aan vesel, wat help om jou eetlus te reguleer. Dit help ook om cholesterolvlakke te beheer.
  • Bloubessies bevat baie antioksidante, wat kan help om inflammasie te beveg deurdat dit vrye radikale beheer. Vrye radikale is molekules wat selle kan beskadig. 
  • Dit is vol vitamien C, wat immuniteit verhoog en onder meer vir gesonde tandvleis sorg.
  • Dié bessies is ’n uitstekende bron van mangaan, wat ’n belangrike rol speel in beenontwikkeling en die omskakeling van proteïene, kool­hidrate en vet in energie.
  • Die hoë vitamien K-inhoud help met bloedstolling en die regulering van bloedkalsiumvlakke.
  • Die veelsydige bloubessie bevorder brein-, kardiovaskulêre en dermgesondheid en kan ook help om bloedsuiker­vlakke te reguleer en insulienweerstand te verbeter.
  • Bessies is oor die algemeen ook baie goed vir jou vel.