15 min.
4
Verkoel: Oornag
Bestanddele
- Kors
- 100 g Tennisbeskuitjies
- 50 g botter, gesmelt
- Vulsel
- 80 ml (? k) kondensmelk
- 60 ml (¼ k) aarbei-konfyt
- 180 ml (¾ k) room
- 50 g vars aarbeie, grofgekap
- Afronding
- ekstra vars aarbeie en geklitste room
- 50 g pistachioneute, grofgekap
Metode

Bespuit ’n 14-16 cm-tertbak met kossproei.
- Kors: Plaas die koekies in ’n voedselverwerker en verwerk tot fyngekap. Voeg die gesmelte botter by en druk in die bereide bak. Hou in die yskas tot benodig.
- Vulsel: Klits die kondensmelk en konfyt saam en hou eenkant.
- Klits die room tot stywe punte vorm.
- Vou die geklitste room by die kondensmelkmengsel in en giet oor die kors. Strooi die aarbeistukke oor en plaas oornag in die yskas.
- Rond af met die ekstra aarbeie, room en pistachioneute.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET