• Berei die deeg voor volgens die aanwysings. Rol dit 3 cm dik uit en druk met ’n glas of koekdrukkers sirkels uit die deeg – kies die grootte wat jy wil gebruik mooi; die deeg sal nog verdubbel in grootte.
  • Pak die deegsirkel op ’n meelbestrooide oppervlak of skinkbord. Bedek met ’n doek en laat rys 30 min.
  • Verhit die olie in ’n diep pan of kastrol. Braai die oliebolle in sarsies tot goudbruin, uitgepof en deurgaar – verlaag die hitte indien die oliebolle te vinnig bruin braai. Skep uit en dreineer op handdoekpapier. Laat heeltemal afkoel en rol in die strooisuiker.
  • Vulsel: Klits die room styf en hou eenkant. Klits die roomkaas, strooisuiker en voedselkleursel saam. Vou die room by die mengsel in en skep in ’n spuitsak.
  • Vir afronding: Maak ’n keep in elke oliebol en spuit van die vulsel in. Smeer nog versiersel bo-op die oliebolle indien verkies. Versier met die aarbeie of roosblare.