Hou 6-8 glasies of bakkies byderhand.

  • Compote: Plaas al die bestanddele in ’n klein kastrol, verhit en roer tot die suiker gesmelt is. Laat 5 min. stadig prut. Verwyder van die hitte, skep uit en laat heeltemal afkoel.
  • Maak die compote met ’n staafmenger fyn.
  • Mousse: Klits die room styf en vou die suiker in.4 Laat smelt die gelatien 10 sek. in die mikrogolf en klits dit met ’n elektriese klitser by die roommengsel in. Giet die compote oor en meng ligweg deur. Skep in die glasies en verkoel in die yskas.
  • Vir voorsit: Sit die mousse voor saam met die gemmerkoekies vir doop.