20 min.
10-12
1 uur 20 min.
Bestanddele
- Sous
- 250 ml (1 k) klappermelk of -room
- 45 ml (3 e) rou heuning
- 80 ml (¹/3 k) water
- gerasperde skil van 1 suurlemoen
- 3 cm-stuk gemmer, geskil
- 1 elk kaneelstok en steranys
- Poeding
- 400 g appels, ontkern, geskil en in stukke gesny
- sap en skil van 2 lemoene
- 100 g heel amandels
- 125 ml (½ k) fyn klapper
- 5 ml (1 t) koeksoda
- 5 ml (1 t) psilliumvesel
- ’n knippie sout
- 45 ml (3 e) rou heuning
- 2 eiers
- 30 ml (2 e) botter of olyfolie
- 125 ml (½ k) klappermelk
- 15 ml (1 e) onverfynde appelasyn
- Vir voorsit
- eetbare blomme en vars vrugte (opsioneel)
Metode

Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit 12 holtes van 'n silikoon-muffinpannetjie goed met kossproei en plaas op 'n bakplaat.
- Sous: Plaas al die bestanddele vir die sous in 'n kastrolletjie en laat sowat 40 min. prut tot 'n geurige, effens verdikte sous vorm.
- Poeding: Plaas die appels, lemoensap en -skil in 'n kastrol en kook tot sag maar nie stukkend gekook nie.
- Kap die amandels en klapper goed fyn in die voedselverwerker tot ’n growwe meel. Plaas in 'n bak; voeg die koeksoda, psilliumvesel en sout by.
- Klits die heuning en eiers saam tot lig en romerig.
- Smelt die botter in 'n kastrol en voeg dan die klappermelk en asyn by. Meng goed.
- Meng die bottermengsel met die meelmengsel, vou dan die heuningmengsel om die beurt met die appels by die meel-en-bottermengsel en meng goed.
- Skep in die voorbereide pan en bak sowat 25 min. of tot goudbruin en gaar. Laat effens afkoel en keer uit op 'n bord.
- Prik gaatjies in die louwarm poedinkies en giet van die sous oor. Laat staan tot ingetrek.
- Vir voorsit: Sit voor saam met die res van die sous en rond af met eetbare blommetjies en vars vrugte, indien verkies.
Kom neem deel aan die gesprek
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET