Voorverhit die oond tot 180 ºC.

  • Smeer ’n bak met ’n oondvaste handvatsel of een wat jy kan afskroef.1 Verhit 300 ml water, 150 g van die suiker en die speserye tot die suiker gesmelt het.
  • Voeg die vrugte by en laat prut tot net sag maar nie stukkend gekook nie. Die velletjie kan wel bars.
  • Klits die eiers, die res van die suiker en die meel saam tot glad maar net gemeng.
  • Roer die room, amandel­vlokkies en brandewyn by.
  • Pak die vrugte in die bereide bak en giet die beslag oor.
  • Bak 20-30 min. of tot die beslag gestol en die poeding effens goudbruin bo-op is.
  • Brandewynsous: Klits die room saam met die suiker tot sagte punte vorm, en klits die brande­wyn en vanieljegeursel by. Sit voor saam met die poeding.