Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer 'n bakplaat.

  • Kors: Klop die botter en strooisuiker saam tot lig en romerig. 
  • Sif die meel by en meng tot 'n deeg. 
  • Skep die deeg in die gesmeerde pan en versprei eweredig. 
  • Bolaag: Klop die botter en strooisuiker saam tot lig en romerig. Voeg die eiers een vir een by en klop goed. 
  • Voeg die gemaalde amandels by, meng goed en smeer die mengsel versigtig oor die kors. Sprinkel die gevlokte amandels bo-oor. 
  • Bak ongeveer 20 min. Drup die heuning oor sodra die pan uit die oond verwyder is. Laat in die pan afkoel. Sny in skywe of blokkies.
  • Resep deur Martjie Malan
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.