15 min.
4
5 min. Stol: 1-2 uur.
Bestanddele
- PANNA COTTA
- 15 ml (1 e) gelatien
- 125 ml (½ k) room
- 30 ml (2 e) suiker
- 375 ml (1½ k) amasi
- 5 ml (1 t) vanielje
- AARBEISOUS
- 250 g aarbeie, in stukke gesny
- 60 ml (¼ k) suiker
- 1 suurlemoen se sap
- 4 rooibosteesakkies
- 125 ml (½ k) kookwater
- VIR VOORSIT
- ’n paar vars aarbeie, gehalveer
Metode

Bespuit ’n diep 25 cm-tert- of blikbord met kossproei.
- Panna cotta: Bedek die gelatien met water en laat eenkant staan om te spons.
- Plaas die room en suiker saam in ’n kastrol en verhit tot net onder kookpunt. Roer aanhoudend.
- Verwyder van die hitte en voeg die gesponsde gelatien by. Roer tot opgelos.
- Voeg die amasi en vanielje by en roer vinnig. Skep in die bereide bord en verkoel 1-2 uur of tot gestol.
- Aarbeisous: Verhit al die bestanddele in ’n kastrolletjie en roer tot die suiker opgelos het. Laat 10-15 min. stadig kook of tot die aarbeie sag is.
- Haal die teesakkies uit en pols fyn met ’n staafmenger. Hou eenkant om af te koel.
- Vir voorsit: Skep die sous oor die panna cotta en sit voor saam met vars aarbeie.
Amasi word dikwels as ’n lekkerny oor stywepap geëet. Ons berei ’n stolpoeding van amasi en maak dit ekstra pikant met ’n rooibosgegeurde aarbeisous.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET