Bestanddele
- 40 g botter
- 250 ml (1 k) suiker
- 4 eiers
- 110 g koekmeel
- 10 ml (2 t) bakpoeier
- 2,5 ml (½ t) sout
- 110 g geel mieliemeel of growwe polenta
- 500 ml (2 k) amasi of karringmelk
- skil van 1 lemoen
- VIR VOORSIT
- 2 lemoene, in segmente verdeel
- kruisementblare
- ekstra amasi of karringmelk
Metode

Voorverhit die oond tot 180 °C en bespuit ’n 20 x 25 cm-bak met kossproei.
Verroom die botter en suiker saam en klits die eiers in.
Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Voeg die mieliemeel of polenta, amasi of karringmelk en lemoenskil by en meng deur die eiermengsel.
Giet die beslag in die voorbereide bak en bak 40-45 min.
Vir voorsit
Sit warm voor saam met die lemoensegmente, kruisementblare en ekstra amasi of karringmelk.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET