Voorverhit die oond tot 180 °C.

Vulsel

Plaas die appels, suiker, roosmaryn, speserye en skil in ’n groot kastrol en kook sowat 5 min. tot sag oor matige tot hoë hitte terwyl jy gereeld die appels draai sodat dit egalig gaar word.

Sit eenkant om af te koel en skep dan die skil en naeltjies uit.

Deeg

Verroom die botter en suiker in ’n elektriese menger tot liggeel en donsig. Voeg die eiergele een vir een by en klits goed ná elke byvoeging. Voeg die semolina by en sif dan die meel en sout oor die mengsel en klits tot ’n deeg. Draai in kleefplastiek toe en verkoel 20 min. in die yskas.

Verdeel die deeg in twee, een van twee derdes en een van een derde. Rol die tweederde-porsie tot ’n dikte van 3-4 mm uit tussen twee velle kleefplastiek of op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is.

Voer ’n 24 cm-losboompan met die deeg uit en pak die appels knus teen mekaar in die deegdop. Rol die oorblywende deeg uit en druk hartjies met ’n hartvormige koekiedrukker uit.

Rangskik dit in sirkels deur by die buiterand te begin en dit effens te laat oorvleuel tot jy in die middel eindig.

Bak tot die deeg goudbruin is – sowat 45 min.

Vir voorsit

Sit voor saam met die dubbelroomjogurt.