20 min.
Sowat 24 driehoeke
45 min.
Bestanddele
- STROOP
- 1,2 kg suiker
- 750 ml (3 k) water
- sap van ¼ suurlemoen
- VULSEL
- 100 g suiker
- 750 ml (3 k) gekapte okkerneute
- 250 g ongesoute botter, gesmelt
- 1 boks filodeeg (14-16 velle in ’n boks)
Metode

Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Stroop: Plaas die suiker en water in ’n kastrol oor matige hitte en bring tot kookpunt. Voeg die suurlemoensap by wanneer dit deurskynend is en kook weer. Verwyder van die hitte en laat afkoel.
- Vulsel: Meng die suiker en okkerneute deeglik. Plaas eenkant.
- Verf die gesmelte botter op die bodem van ’n reghoekige plaat en lê die eerste vel filodeeg op die plaat neer. Voeg nog lae filo by en verf elkeen met die gesmelte botter. Wanneer jy by die sesde laag kom, strooi ’n koppie van die suiker en neute oor. Herhaal twee keer tot al die bestanddele gebruik is.
- Sny die baklava in driehoeke en bak sowat 45 min.
- Wanneer die baklava uit die oond kom, giet die koue stroop oor. ’n Mens moet die sis hoor wanneer die stroop oor die kokende warm deeg gegiet word.
Berei die stroop voor die tyd sodat dit kan afkoel. Die stroop kan ook gebruik word om kadayif te maak.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET