Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit 12 holtes van 'n muffinpan goed met kossproei.

  • Strooisel: Plaas die bestanddele in 'n voedselverwerker en verwerk tot fyngekap.
  • Bakkies: Verf 'n vel filodeeg liggies met die botter. Sprinkel 'n bietjie van die strooisel oor. Plaas nog 'n vel deeg bo-op en herhaal. Smeer die filostapel weer met die botter en sny in 6 gelyke blokke. Druk elke blok in 'n muffinpanholte.
  • Herhaal met die res van die deeg, strooisel en botter.
  • Bak 7-10 min. of tot goudbruin en bros.
  • Laat die bakkies 10 min. in die muffinpan afkoel. Haal die bakkies versigtig uit die muffinpan en laat nog op 'n draadrakkie afkoel.
  • Afronding: Plaas die baklava-bakkies op opdienbordjies. Skep 'n bolletjie roomys in elke bakkie, bedruip met die heuning en sprinkel die ekstra neute oor.
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.