Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit twee 20 cm-­vierkantige koekpanne goed met kossproei.

  • Beetkoek: Meng die neute en droë bestanddele goed. 
  • Klits die eiers, jogurt en olyfolie in 'n groot bak saam tot lig.
  • Meng die beet, gemmer en lemoensap en -skil.
  • Vou die beetmengsel om die beurt met die droë bestanddele by die eiermengsel in. Skep in die bereide koekpan en bak 40-50 min. of tot ’n toets­pen skoon uit die middel van die koek kom. Laat afkoel en keer uit.
  • Kaaskoek: Meng al die bestanddele tot goed gemeng. Skep in die ander bereide koekpan. 
  • Verlaag die hitte tot 130 °C en bak 50 min. of tot die koek net stewig maar nie droog is nie as jy liggies met jou vinger daarop druk. Laat afkoel en keer versigtig uit. 
  • Pynappelbolaag: Plaas al die bestanddele in ’n kastrolletjie en laat kook tot die pynappel net sag maar nie stukkend is nie. Haal die pynappelstukke uit en hou eenkant. Laat kook die stroop af tot effens verdik. Voeg die pynappelstukke weer by en laat afkoel.
  • Versiersel: Meng die bestanddele.9 Afronding Plaas die beetkoek op ’n koekbord. Smeer van die versiersel oor en plaas die kaaskoek bo-op.10 Meng die lemoensegmente by die pynappel in en skep oor die koek net voor jy dit voorsit.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.