• Plaatkoekies: Klits die eiergele, meel en bakpoeier saam. Voeg die melk stadig by en klits tot ’n gladde beslag vorm. Klits die eierwitte en sout saam tot stywe punte vorm. Vou dit by die beslag in. Laat rus die beslag 30 min.
  • Skep lepels van die beslag in ’n verhitte kleefvrye pan en braai 1 min. aan elke kant. Herhaal tot die beslag op is.
  • Afronding: Smeer die sjokolade oor die helfte van elke plaatkoekie en plaas in die yskas om effens te verhard. Ryg ’n aarbei aan ’n sosatiestokkie, dan ’n gevoude plaatkoekie en dan nog ’n aarbei. Herhaal tot alles op is.