• Aarbeisous: Plaas die aarbeie, suiker en water in ’n middelslagpan. Laat prut terwyl jy gereeld roer en kook tot die vrugte sag is en die water heeltemal verdamp het. Plaas in ’n bak, bedek en verkoel tot nodig.
  • Roomyskoek: Klits die roomys en roomkaas saam in ’n groot bak.
  • Meng die koekies en gesmelte botter in ’n groot bak.
  • Voer ’n 19 cm-losboompan se bodem en kante met bakpapier uit. Plaas die koekiemengsel op die bodem van die pan en druk vas.5 Bedek met die roomys en plaas vir 6-8 uur of oornag in die vrieskas tot heeltemal gevries. 6 Vir voorsit Haal uit die vrieskas 10-15 min. voor jy dit voorsit en bedruip met die aarbeisous. Sit voor saam met geklitste room, vars aarbeie en bloubessies. S