Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit en bespuit goed met kossproei.

Vulsel

  • Verhit ’n pan en rooster die amandelvlokkies en sonneblomsade tot dit liggies begin verkleur. Roer aanhoudend om te verhoed dat dit brand. Skep uit en laat afkoel.
  • Kap die amandelvlokkies, sonneblomsade en gemengde neute of amandels fyn op (jy kan dit selfs in ‘n voedselverwerker pols) en skep in ’n mengbak.
  • Voeg die sout, suiker, heuning, suurlemoensap en -skil by en meng goed.
  • Halveer die velle filodeeg in die lengte. Verf die filo met die botter en plak 4 van die filo-helftes op mekaar. Plaas op die bakplaat.
  • Versprei die helfte van die vulsel bo-op en stapel nog 4 velle bo-op.
  • Versprei die res van die vulsel bo-op en plak die laaste 4 velle bo-op.
  • Sprinkel ’n bietjie bruinsuiker bo-oor. Bak 20-25 min. of tot goudbruin en bros.
  • Sny in blokke sodra dit uit die oond kom en laat dan heeltemal afkoel.