• Klits die suiker en eiers in 'n groot bak tot lig en romerig. Voeg die olie en vanieljegeursel by en klits goed.
  • Sif die droë bestanddele by, voeg die karringmelk by en roer liggies tot net goed gemeng. 
  • Bedek die bak met kleefplastiek of 'n klam doek en laat rus 30 min.
  • Verhit genoeg olie vir diepbraai oor matige ­hitte. Gebruik 'n eetlepel en skep lepels van die beslag in die verhitte olie. Braai tot goudbruin en gaar van binne. Skep uit en dreineer op kombuispapier.
  • Stroop: Plaas die water en suiker in 'n kastrol, verhit en roer tot die suiker opgelos is voor dit begin kook. Laat kook dan 30 min. tot stroperig.
  • Afronding: Doop die bollas in die warm stroop en verwyder met ’n gaatjieslepel. Sprinkel die klapper oor en sit voor.
  • Resep: Gadija Sydow Noordien en Fatima Sydow
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.