Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer een groot of twee middelslag-tertborde of ’n groot oondpan.

Tert

  • Plaas die helfte van die dadels in ’n bak en voeg die koeksoda en kookwater daarby.
  • Roer en laat afkoel.
  • Room die botter en suiker saam en voeg die eiers by.
  • Klits goed.
  • Sif die droë bestanddele saam en vou by die suikermengsel in.
  • Voeg die oorblywende dadelstukkies en die neute by gevolg deur die dadel-en-koeksodamengsel.
  • Meng goed.
  • Skep die beslag in die bereide bord/e of oondbak.
  • Bak 30-40 min. of tot gaar.
  • Maak intussen die stroop.

Stroop

  • Laat kook die suiker, botter en water 5 min.
  • Verwyder van die stoof en voeg die vanielje, sout en brandewyn by.
  • Roer goed.
  • Giet die warm stroop oor die tert sodra dit uit die oond kom.

Vir voorsit

  • Sprinkel die neute oor, indien verkies, en sit die tert warm of koud voor saam met die room of vanieljeroomys.