Hou 6 glasies byderhand. 

  • Koekies: Meng al die bestanddele buiten die vingerkoekies goed en giet in ’n plat bak. 
  • Breek die vingerkoekies in kleiner stukkies op sodat dit in die glasies sal pas; hou dit eenkant.
  • Vulsel: Klits die roomkaas met ’n elektriese hand­klitser tot sag. Voeg die vanielje en strooisuiker by en klits tot goed gemeng. Vou die geklopte room by.
  • Doop ’n paar koekies in die koffiemengsel (maak seker die koekies suig genoeg van die mengsel op) en pak onderin die glasies. 
  • Skep ’n laag van die vulsel bo-op en herhaal. Verkoel minstens 30 min. of selfs oornag, indien verkies.
  • Vir voorsit: Sprinkel van die amandels oor die koekies en sit voor.

Wenk:

Vir ’n roomysweergawe: Vervang die room met sagte roomys en vries die poeding ’n uur of twee voor opdiening.