• Pak die croissants in ’n gesmeerde braaibak met ’n deksel. Giet die gesmelte botter oor.
  • Sprinkel die sjokoladestukkies, neute en suiker oor die croissants.
  • Klits die eiers, melk, vanieljegeursel, neutmuskaat en kaneel saam. Giet oor die croissants.
  • Plaas die deksel op die braaibak en plaas hoog bo matige kole. Pak ’n paar kole bo-op en braai ongeveer 25-30 min. of tot die eiervla gestol het.  Sit voor saam met vars vrugte of roomys.