Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n groot bakplaat met bakpapier uit en bespuit met kossproei. Hou nog ekstra bakplate byderhand.

  • Plaas die eiergele en suiker saam in ’n groot mengbak en klits tot liggeel en romerig. Klits die vanielje by.
  • Voeg die koekmeel, sout, lemoenskil, neute en sjokolade by en meng goed.
  • Klits die eierwitte in ’n aparte bak styf en meng by die beslag in.
  • Bestrooi ’n oppervlak goed met meel en keer die beslag uit. Verdeel die beslag in drie gelyke dele en vorm elke deel rofweg in ’n ovaalvormige broodjie.
  • Plaas die broodjies op die bakplaat (sprinkel meel oor jou hande indien nodig; die deeg is baie klewerig).
  • Bak die broodjies 15-20 min. of tot gaar. Haal uit die oond, plaas op ’n draadrakkie en laat heeltemal afkoel.
  • Sny die broodjies met ’n broodmes in dun skyfies en pak in ’n enkellaag op die bakplate.
  • Rooster nog 10 min. of tot ligbruin en bros. Laat die biscotti heeltemal afkoel en bêre in ’n lugdigte houer.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.