• Giet die groenteolie vir diepbraai in ’n groot, diep kastrol (sowat twee derdes vol) en verhit tot 170 °C.
  • Sif die bruismeel in ’n groot bak, voeg die geklitste eier saam met 375 ml (1½ k) water by en meng tot ’n gladde beslag vorm.
  • Bestrooi die appels liggies met ’n bietjie ekstra meel en doop in die beslag.
  • Laat sak versigtig in die olie. Braai 6-8 min. tot goudbruin; draai gereeld terwyl dit braai.
  • Sodra die stukke bruin is en dryf, plaas op ’n draadrak of ’n bord uitgevoer met kombuis­papier om te dreineer.  
  • Verhit die 15 ml (1 e) olie in ’n wok oor matige hitte en roer die suiker by.
  • Ná ongeveer 3 min. sal die suiker begin karamel­liseer.
  • Voeg in hierdie stadium die appelstukke en die sesamsade versigtig by.
  • Meng goed, maar wees versigtig om nie die gesmelte suiker te spat of die appels se deeglagie te breek nie.
  • Maak seker dat elke appelstuk deeglik met stroop bedek is.
  • Draai die hitte af.
  • Plaas elke stukkie appel met ’n tang of eetstokkie in ’n groot bak yskoue water – dit verhard onmiddellik jou toffieappelhappies en help om hul ronde vorm te behou.
  • Sodra die toffie hard is, plaas dit op ’n draadrak of kombuispapier om te dreineer.
  • Sit voor en geniet dit.