Voorverhit die oond tot 160 °C. Sit ’n teedoek in ’n diep oondbak en hou 4 ramekins byderhand.

Stroop

  • Plaas die suiker en water in ’n klein kastrol.
  • Breek die teesakkie oop en voeg by.
  • Verhit oor matige hitte tot die suiker opgelos is.
  • Laat prut tot ’n goud­kleurige stroop vorm.
  • Verdeel die stroop tussen die ramekins en hou eenkant.

Poeding

  • Klits die eiers, eiergele, suiker en vanieljegeursel goed saam.
  • Giet die melk in ’n kas­trolletjie, roer die teesakkies by en verhit tot stomend.
  • Haal die teesakkies uit.
  • Voeg die sout by.  
  • Klits die melkmengsel bietjies-bietjies by die ­eiermengsel in.
  • Verdeel die beslag tussen die rame­kins.
  • Giet kookwater in die oondbak tot halfpad vol.
  • Bak 30-35 min. of tot die vla gestol maar nog effens sag in die middel is.
  • Haal die ramekins uit die kookwater en laat afkoel.
  • Laat die poedings minstens 4 uur of oornag in die yskas staan.
  • Keer die poedings versigtig op opdienbordjies uit en sit voor.