Bespuit ’n tertpan van 25 cm goed met kossproei.

  • Kors: Meng die beskuitjies en botter goed. Voer ’n tertbak daarmee uit.
  • Druk die kors goed vas en verkoel.
  • Vulsel: Voeg die Cremora en yskoue koffie saam in ’n mengbak. Klits tot goed gemeng.
  • Voeg die kondens­melk by en klits goed. Voeg die suurlemoensap geleidelik by terwyl jy aanhoudend klits. Die mengsel sal verdik.
  • Skep die mengsel in die kors en maak bo-op gelyk. Verkoel 3-4 uur of oornag.
  • Vir afronding: Smeer die gesmelte sjokolade oor die tert. Sprinkel die skil, skyfies en seesout oor; verkoel tot gestol. Sit voor saam met die vars basilie.