Bespuit ’n tertpan van 25 cm met kossproei.

  • Kors: Meng die beskuitjiekrummels en botter goed. Druk teen die boom en kante van die tertbak vas. Verkoel tot nodig.
  • Vulsel: Klits die Cremora en yskoue koffie saam in ’n mengbak tot goed gemeng.
  • Voeg die kondensmelk by en klits goed. Voeg die suurlemoensap geleidelik by terwyl jy aanhoudend klits. Die mengsel sal verdik.
  • Skep die mengsel in die kors en maak gelyk bo-op. Verkoel 3-4 uur of oornag.
  • Vir afronding: Smeer die gesmelte sjokolade oor die tert. Sprinkel die lemoenskil, lemoen­skywe en seesout oor en verkoel tot gestol. Sit voor saam met vars basilie, indien verkies.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe!