Voer twee klein brood­pannetjies met tinfoelie of kleefplastiek uit.

  • Kors: Meng die krummels en botter en druk in die pan vas. ­Verkoel.
  • Vulsel: Los die melkpoeier in die kookwater op. Laat afkoel. Klits die kondensmelk en suur­lemoensap saam. Voeg die melkpoeiermengsel by die kondensmelkmengsel en klits tot dik en wit. Skep in die panne, maak gelyk en verkoel tot stewig.
  • Haal die tert uit die ­pannetjie en plaas op ’n opdienbord. Verwyder die tinfoelie of kleefplastiek.
  • Meringue: Klits die eierwitte tot skuimerig. Voeg die suiker lepel vir lepel by. Voeg die sout en ­kremetart by en klits tot lig en blink. Smeer die meringue bo-oor die tert.
  • Skroei liggies met ’n blaasvlam.