Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit 6 holtes van ’n groot muffinpan met kossproei.

  • Rol die skilferkorsdeeg liggies op ’n meelbestrooide oppervlak uit en verf met die botter.
  • Neute: Meng al die bestanddele goed en strooi oor die deeg. Rol die deeg in die lengte op. Sny die rol deeg in 6 gelyke dele. Rol elke stukkie deeg tussen jou hande in ’n slangetjie, vorm ’n deegsirkel met die slangetjie en druk dit liggies met jou handpalm platter.
  • Druk ’n deegsirkel in elke muffinpanholte en bak 20-25 min. of tot bros en gaar. Keer die cruffins uit en pak op opdienborde.
  • Afronding: Skep ’n bol roomys in elke cruffin en strooi kaneel oor. Sit dadelik voor. 
Wenk
Maak ’n sjokolade-en-koffieweergawe van die cruffins deur die neute met 100 g gekapte sjokolade en die ­kaneel met 10 ml (2 t) kitskoffie te vervang.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.