Hou ’n leë roomysbak of ’n diep oondbak byderhand.

  • Eiervla: Giet die room en melk in ’n kastrol en verhit tot net onder kookpunt. Verwyder die roommengsel van die hitte.
  • Klits die eiergele en suiker saam. Giet ’n sop­lepel vol van die warm roommengsel by die eier­mengsel terwyl jy aanhoudend klits. Giet nog ’n lepel by en klits goed. 
  • Giet die eiermengsel terug in die kastrol saam met die res van die roommengsel en klits goed.
  • Verhit die vla stadig oor lae hitte en roer aanhoudend met ’n houtlepel. Roer tot die mengsel begin verdik – dit moenie kook nie.
  • Verwyder die vla van die hitte en giet dit in ’n mengbak. Laat heel­temal afkoel.
  • Roomys: Meng die sjo­kolade en ment by die vla in en giet dit in die leë roomysbak. Vries 2 uur. Krap die roomys met ’n vurk deurmekaar en vries nog ’n uur. Krap weer met ’n vurk en vries tot hard.
  • Vir voorsit: Haal die roomys 30 min. voor jy dit wil voorsit uit die vrieskas. Skep bolle roomys bo-op die roomyshorinkies en sit dadelik voor.