Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit 4 klein tertborde of 1 grote met kossproei.

  • Kors: Meng die koekies en botter en druk dit op die bodem van die pannetjies vas. 
  • Vulsel: Klits die kondensmelk, suurlemoensap, -skil, eiergele en grenadellapulp saam. Giet in die kors. 
  • Meringue: Klits die eierwitte styf en voeg die strooi­suiker geleidelik by. Voeg die asyn by en sif die mielieblom oor. Vou in – dit sal die skuim stabiliseer. Plaas op die tert en bak 10 min. of tot die skuim ligbruin is bo-op. Verkoel voor jy dit voorsit.  

Wenk: Klits die meringue eerste styf. Nou hoef jy nie die klitser te was om die vulsel te klits nie – dit bespaar tyd.

Hanri van Zyl van Caledon en Lize-Mari Montgomery van Good­wood het ons in die Wen­resep-kombuis trakteer op hul geliefkoosde soetgebak uit hul kleintyd, terwyl Johanna Louw van Robertson ons haar Maandag-tunatert leer maak het. Dié tert is ideaal vir wanneer dit dol gaan.

Lize-Mari beskryf haar koek as ’n resep vir lewe, liefde en omgee. Sy was as tiener gereeld olik weens ’n outoïmmuunsiekte en kon soms weke lank nie skool toe gaan nie. Dan het sy kookboeke gelees. 

Van links is Hanri van Zyl, Lize-­Mari Mont­gomery en Johanna Louw wat ons kom beïndruk het in die Wenresep-kombuis. Foto: Jacques Stander.

Op ses het sy by haar geliefde ouma ­Pauline Marshall haar eerste koek leer bak. Sy het gereeld koek gebak om haar ouma op te kikker nadat alzheimersiekte by haar gediagnoseer is. Sy is onlangs oorlede.

Hanri was kleintyd gek oor suurlemoenmeringuetert en het dit gou self leer maak. Tydens haar swangerskap kon sy skaars genoeg kry van grenadella-ysies. Sy het hierdie twee gunstelinge gekombineer – en hiermee dié episode se wenresep opgelewer.

  • Jy Het ’n Wenresep! is Maandae om 17:00 op VIA (DStv-kanaal 147). Stuur ’n e-pos na via@mediaclubproductions as jy as deelnemer oorweeg wil word.