Voorverhit die oond tot 170 °C. Voer ’n bakplaat uit met bakpapier en bespuit met kossproei.

  • Deeg: Plaas die meel, sout, botter, suiker en suur­lemoenskil saam in die bak van ’n voedselverwerker en pols tot die mengsel soos broodkrummels lyk.
  • Giet die suur­lemoen­sap en 30 ml (2 e) van die water by. Pols tot die deeg begin saamkleef (giet nog ’n bietjie water by indien nodig).
  • Keer die deeg uit op ’n meelbestrooide oppervlak en vorm ’n bal. Druk die bal effens platter en bedek met kleefplastiek. Verkoel minstens 30 min. in die yskas.
  • Vir afronding: Sit die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak. Rol in ’n reghoek van sowat 30 x 20 cm uit. Plaas die deeg versigtig op die bereide bakplaat neer.
  • Pak die druiwe­korrels styf teen mekaar op die deeg, maar los ’n 5 cm-rand reg rondom oop. Vou die rand in, oor van die druiwekorrels, sodat ’n kors reg rondom die tert vorm. 
  • Stip die tert met die botter en sprinkel die suiker oor. Bak 25-30 min. of tot goudbruin en gaar. Laat 15 min. afkoel op die bakplaat. Sny in blokke en sit voor saam met die room-ys.