Voorverhit die oond tot 120 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit en bestrooi met mielieblom.

  • Wynstroop: Giet die wyn in ’n middelslagkastrol en plaas oor matige hitte. Voeg die suiker en suur­lemoensap by en roer. Bring die mengsel tot ’n vinnige prut en laat kook 10-12 min. Hou aan met roer tot die stroop effens verdik het en die agterkant van ’n houtlepel bedek. Verwyder van die hitte, voeg die tiemie­takkies by en laat trek 10 min. eenkant. Die mengsel sal taamlik lo­perig wees, maar dit sal effens verdik namate dit afkoel. Verwyder die tiemietakkies.
  • Meringues: Klits die eierwitte en sout saam tot stywe punte vorm. Voeg die strooisuiker geleidelik by en klits saam tot dik en glansend. Sif die versiersuiker en mielieblom oor. Vou om te meng en skep hopies van die mengsel op die bakplate. Bak die meringues 1 uur of tot dit maklik van die bakpapier af lig en bros is, maar nie bruin nie. Skakel die oond af en los die meringues binne tot dit heeltemal afgekoel is. 
  • Room: Klits die room, roomkaas, versiersuiker en vanielje saam in ’n groot bak tot sagte punte vorm. Verdeel ’n kwart van die druiwe tussen 6 glase. Skep van die roommengsel oor en krummel van die me­ringues grof bo-oor. Herhaal met die res van die bestanddele. 
  • Strooi die oorblywende druiwe oor en bedruip met die wynstroop.